
SA se handelsooreenkoms met VSA, teen Vrydag, nie uitgemaakte saak nie
Loading player...
Die direkteur-generaal van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Zane Dangor, sê dit is nie 'n uitgemaakte saak dat Suid-Afrika teen Vrydag 'n gunstige handelsooreenkoms met Amerika sal sluit nie. Dangor het tydens 'n lesing voor die Kgalema Motlanthe Stigting in Sandton gewaarsku dat eise oor binnelandse beleide soos swart ekonomiese bemagtiging die proses bemoeilik. Hy het kommer uitgespreek dat die VSA druk uitoefen op Suid-Afrika om sy soewereiniteit te beperk om die ooreenkoms te verseker: