
Nekundi wip hom vir amptenaar wat laat na vergadering kom
Loading player...
'n Amptenaar van die Roads Contractor Company het laat opgedaag vir 'n geskeduleerde vergadering met die vervoerminister, Veikko Nekundi. Nekundu het baie warm onder die kraag geraak en sy frustrasie met die gebrek aan dringendheid en professionaliteit uitgewys. Dit sê hy, op 'n tydstip wanneer daar van die maatskappy verwag word om die publiek se vertroue te herbou en resultate te lewer.