Professor Firoz Cachalia is amptelik ingehuldig as waarnemende minister van Polisie in die Uniegebou in Pretoria. Cachalia neem oor by Senzo Mchunu, wat op spesiale verlof is na aanleiding van die KwaZulu-Natalse polisie-kommissaris, Nhlanhla Mkwanazi, se bewerings van korrupsie. Die Konstitusionele Hof het gister die MK-party se aansoek teen president…
Internasionale media berig dat Israel ongeveer 67 vragmotors met hulp per dag toelaat om Gaza binne te gaan terwyl meer as 400 daagliks nodig is om voedsel en medisyne na die inwoners van die streek te bring. Portugal sê daar is meer as 800 volgelaaide vragmotors vandag wat wag om…
Die Universiteit van die Witwatersrand sê die Rhisotope-projek is amptelik in bedryf wat renosters doeltreffend deur kerntegnologie sal beskerm. Die projek wil onwettige handel in renosterhoring bekamp deur laevlak-radioaktiewe isotope in die horing te plant. Die Rhisotope-projek se uitvoerende hoof, Jessica Babich, sê hierdie radio-isotope kan opgespoor word deur toerusting…
Oud-Amerikaanse president Joe Biden het uitgevaar teen die Trump-administrasie by die land se Nasionale Balievereniging se 100ste Jaarlikse Toekenningsgala in Chicago. Terwyl hy nie direk na president Donald Trump verwys het nie, het hy wel gesê ‘that guy in the White House’. Hy sê Amerika beleef donker dae.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê hy verkies dat inflasie op 3 persent bly, minder as die huidige teiken van 3 tot 6 persent. Die goewerneur van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê laer inflasie kan laer terugkoopkoerse beteken, met modelle wat toon koerse sal mettertyd onder 6 persent daal. Kganyago beklemtoon die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.