
Energiekenner waarsku oor kernstelsel vir olieraffinadery
Loading player...
Die Namibiese maatskappy wat deur die regering gesteun word, Dune 7 Special Purpose Vehicle, het Suid-Afrikaans ontwikkelde kerntegnologie gekies om 'n beplande olieraffinadery in Walvisbaai aan te dryf. Die raffinadery is ontwerp om 300 000 vate per stroomdag te verwerk en sal ‘n hoëtemperatuur modulêre reaktor gebruik, wat deur die Pretoria-gebaseerde Stratek Global ontwikkel is. Hierdie kompakte kernstelsel sal beide termiese hitte en elektrisiteit aan die fasiliteit verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike energiekenner Harald Schütt gepraat. Hy het kommer.