
All Black-beserings gee nuwelinge 'n kans
Loading player...
Rugby: Nieu-Seeland se afrigter, Scott Robertson, sê 'n vlaag beserings bied geleenthede vir spelers wat 'n kans verdien om vir die nasionale span te speel. Hy het een nuweling, die flank Simon Parker, aangewys in sy groep van 36 vir die Rugbykampioenskap wat dié maand begin wanneer die All Blacks agtereenvolgende toetse in Argentinië speel. Tevita Mafileo, Kyle Preston en Leroy Carter is onder sewe spelers op die beserings-bystandslys. Robertson sê Parker verdien die kans: