
Psemas sal sonder optrede teen 2027 ineenstort
Loading player...
Die Namibiese Privaatpraktisynsforum waarsku dat Psemas sonder dringende optrede teen 2027 kan ineenstort. Dit sal sowat 300 000 staatsamptenare en hul gesinne sonder toegang tot huidige vlakke van privaat sorg laat, veral in geestesgesondheid, chroniese siektes en landelike dienste. Die forum vra lank reeds vir 'n statutêre Mediese Beheerraad om tariewe, kodering en nakoming te reguleer. Dit word nie deur Namaf of Namfisa gedek nie, wat 'n kritieke bestuursgaping laat. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Jürgen Hoffmann, die uitvoerende hoof van die Namibiese Privaat Praktisynsforum gepraat.