Boishaai-breier: ‘Ons Bomb Squad gee deurslag in derby’

Loading player...
Met 10 minute se speeltyd oor was Boishaai Saterdag met 12 punte agter teen Paarl Gimnasium. Maar toe kom hulle met ’n reuse-terugvegpoging vorendag en wen met 35-33.
Sean Erasmus, Boishaai se breier, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy span se spogsege te gesels.
Hy sê hy was maar effens gespanne met 10 minute se speeltyd oor, maar het heeltyd geweet sy span kan die knoop deurhak.
Erasmus vertel hoe hy vanjaar sy span se diepte bestuur het met ’n slim Bomb Squad-plan. Hy deel ook insigte oor hoe hulle by Boishaai te werk gaan om te verseker die leerlinge dink nie nét aan rugby nie.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
6 Aug Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Franco: ‘Dis nie meer ’n skande om teen Italië te verloor’

Dit is nie meer ’n skande om teen Italië te verloor nie, sê Franco Smith. Smith, voormalige hoofafrigter van die Azzurri, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se klinkende sege oor Frankryk, en die toets teen Italië wat Saterdag voorlê. Smith gee…
12 Nov 30 min

Heyneke: ‘Sommige skole het groter begrotings as SWD’

Dié week sluit die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe pos as die SWD-Arende se nuwe hoofafrigter.  Meyer sê hy het langtermynplanne by dié unie, en dat daar baie uitdagings is wat oorbrug moet word. Die grootste daarvan is ’n tekort…
5 Nov 35 min

Willem Alberts: ‘Bok-fêns het ons ma’s gevloek ná Japan-skok’

Die groot Springbok-nederlaag teen Japan in 2015 was ’n “hoogte-laagtepunt” in sy loopbaan, sê Willem Alberts skertsend.  Dié oudlosvoorspeler was aanvanklik in die beginspan vir dié kragmeting, maar moes op die nippertjie onttrek weens ’n besering. Hy onthou wel hoe Bok-ondersteuners ná die nederlaag die spanbus met bottels bestook en…
29 Oct 29 min