Groenes kwaai oor kernkrag in Wes-Kaap

Loading player...
Die omgewingsaktiviste Makoma Lekalakala van Earthlife Africa en Liziwe McDaid van Green Connection is sterk gekant teen die minister van die omgewing, Dion George, se goedkeuring van 'n nuwe kernkragsentrale by Duynefontein in die Wes-Kaap. Hulle noem hoë koste, veiligheidsrisiko's, oprigtingsvertragings en die afwesigheid van radioaktiewe afvaloplossings. Lekalakala dring aan op 'n mensgedrewe energieplan wat fokus op vinniger en goedkoper hernubare keuses soos son- en windkrag te midde van die voortdurende klimaatkrisis:
10 Aug 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aktivis sê talle Israeli’s weier om in Gaza te veg

Israel sal 60 000 reserviste oproep terwyl hulle voorberei om 'n uitgebreide militêre operasie in Gazastad te loods. Die troepe sal volgens 'n militêre amptenaar in dele van die stad ontplooi word waar daar nog nooit Israeliese magte was nie en waar Hamas vermoedelik nog aktief kan wees. Die anti-diensplig…
21 Aug 1AM 1 min

Dirco stel die feite oor plaasmoorde, na VSA-verslag

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê Suid-Afrika se buitelandse beleid word gelei deur 'n verbintenis tot 'n reëlgebaseerde internasionale stelsel, gegrond op respek vir menseregte. Die departement het sy aanvanklike verklaring opgedateer in reaksie op die Amerikaanse Menseregteverslag. Die verslag het belangrike menseregtekwessies uitgelig, insluitend moorde, arbitrêre arrestasies…
21 Aug 1AM 1 min

Wernhil herdenk vandag 5 jaar

Wernhil Park vier vandag 35 jaar van groei sedert sy amptelike opening in 1990, tesame met Namibië se onafhanklikheid. Wat met 54 winkels begin het, is nou 'n kleinhandelsentrum van 54 000 vierkante meter met meer as 100 afsetpunte en 1,1 miljoen maandelikse besoekers. Deur vier uitbreidingsfases, insluitend 'n opgradering…
21 Aug 1AM 1 min

Witvlei se abattoir steeds in die mark, 10 jaar later

Die Witvlei-slagpale word weer aggressief bemark na Agribank in 2015 beslag gelê het op die eiendom. Dit is teen 51 miljoen Namibiese dollar gelys. Die slagpale, wat voorheen besit is deur sakeman Sidney Martin, het sy bedrywighede gestaak nadat Witvlei Meat 'n beduidende gedeelte van sy Noorse beesvleisuitvoerkwota verloor het…
21 Aug 12AM 1 min

Verkrygingstelsel is ondoeltreffend en mors geld

Die voorsitter van die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië, Mary Shiimi, het kommer uitgespreek oor volgehoue ondoeltreffendhede in openbare projekte, en het vertragings, koste-oorskrydings en kwaliteitsprobleme genoem wat openbare hulpbronne mors. Sy het tydens 'n belanghebbendes-vergadering in Windhoek gevra vir 'n volledige hersiening van die verkrygingswaardeketting, met die klem op verantwoordbaarheid,…
21 Aug 12AM 1 min