
Laat vaar die 'pomp and ceremony' en kom by dienslewering
Loading player...
Reaksie word ontvang op China se wetgewers wat amptenare beveel het om minder vergaderings te hou en korter toesprake te lewer om "nuttelose formaliteite" uit te skakel. Die stroomlyning van vergaderings en die beperking van dokumente tot 5 000 woorde is in 'n gedetailleerde regeringskennisgewing vervat. Dit kom na nuwe reëls teen buitensporige besteding en statusprojekte. Bestuurskenner Pius Dunaiski het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Namibië hierdie voorbeeld moet volg.