
Mynbou-ekspo was reuse-sukses, hou aan groei
Loading player...
Die 12de Mynbou-ekspo en -konferensie in Windhoek het die sektor se sleutelrol in Namibië se ekonomie beklemtoon. Die geleentheid groei jaarliks en het al hoe beter vertoon na die ontdekking van oliebronne. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, Veston Malango gepraat wat sê die ekspo was 'n groot sukses.