Leeus reis na Mbombela vir Pumas-kragmeting Saterdag

Loading player...
Die Airlink Pumas het die Bulle Saterdag met 41-7 by Loftus verstom in die Carling Curriebeker. Die Griekwas het ‘n 47-17 oorwinning behaal oor die WP in Kimberley. In Durban het die Cheetahs die Haaie in ‘n gespanne stryd met 7-5 geklop. Die Boland Kavaliers het die naweek gister afgesluit deur die Leeus met 29-10 in Wellington te klop. Die Pumas is nou boaan die punteleer. M.J. Mentz, die agterlyn-afrigter van die Pumas, vertel vir Sonop Ontbyt hulle is slaggereed vir die Leeus Saterdag by Nelspruit-rugbyklub. Die afskop is om 14:00.
13 Aug Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Suid-Afrika bied 14 weke van ITF Wêreld Tennistoer-geleenthede in 2026 aan

Suid-Afrika sal in 2026 14 weke van die Internasionale Tennisfederasie se Wêreld Tennistoer-toernooie aanbied. Dit bestaan uit sewe vroue- en sewe manstoernooie deur die land. Die eerste Mbombela Ope Wêreldreeks begin in April. TSA sê die uitgebreide kalender bied aan Suid-Afrikaanse spelers die geleentheid om tuis deel te neem, waardevolle…
19 Dec 9 min

'n Spikkel in die lug

Martie Naudé se tweede boek, 'n Spikkel in die Lug, is by die drukkers en net betyds vir Kersfees. Sy vertel hoe haar boek gebore is. Kontak haar by 079-775-3294 om bestellings te plaas.
18 Dec 6 min

Grootste Geloftedag in dekades by Monument gevier

Op Dinsdag het nagenoeg 40 000 mense Geloftedag by die Voortrekkermonument herdenk. Dit was ongetwyfeld een van die mees betekenisvolle en omvangryke herdenkings in etlike dekades. Dawid Brand, bedryfshoof: media, bemarking en toerisme van die Kultuurtuiste, sê 2025 was ‘n besonderse jaar vir Afrikaners.
18 Dec 8 min

Hou asb. by die padreëls die vakansie

Wees veilig op die pad hierdie feestyd. Solange Soares van TRACN4 verduidelik aan die Middag Game Drive watter maatreëls TRAC alles in plek het.
16 Dec 11 min