Erediens - 10 Augustus 2025

Loading player...
Prediker: Nicolette Bester
Teks: Hebreërs 10:1-3; 8-18
Tema: Geloof wat volhard – wat beteken dit?

Geloof – ’n woord wat ons so maklik gebruik maar tog so moeilik werklik kan begryp. ’n Ander verstaan kan wees “vertroue in God”. Die twee loop hand-aan-hand.

As mense is ons geneig om te wil volhard in alles wat ons aanpak, ook in ons geloof. Ons stel ons eie ideale op en probeer ons uiterste bes om dit te realiseer. Maar die lewe bring draaie, swaaie en vreemde kinkels.

Wat beteken dit vir daardie geloof wat ons so naby aan ons hart hou? Hoe verstaan God die geloof wat ons uitgiet? Op die einde van die dag is geloof daardie vertrouensverbond wat God met ons gesluit het – ’n geskenk wat onvervangbaar en onruilbaar is. Kom ontdek saam wat hierdie geskenk vir jou en my beteken.
10 Aug Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Hervormingsdiens - 26 Oktober 2025

Prediker: DJ Muller Teks: Lukas 18:9–14 Op verskillende vlakke is ons as gelowiges geanker in iets wat standvastig is. Ons protestante kerktradisie is byvoorbeeld een so anker. Ons vier vandag onder andere hierdie anker, maar ons gaan ook soek na die grootste anker waarsonder ons vir seker nie kan oorleef…
26 Oct 32 min

Erediens - 12 Oktober 2025

Prediker: DJ Muller Teks: Lukas 17:11–19 Tema: Jesus “on demand” Tien siekes word in ’n oomblik genees - maar net een van hulle snap wat regtig gebeur. Is hierdie tendens vandag nog waar? Draai ons na Jesus net wanneer ons Hom nodig het? ’n Verhouding met die enigste ware God…
12 Oct 37 min

Kinderdiens - 19 Oktober 2025

Prediker: Nadia Muller Teks: 2 Timoteus 3:14–17 Paulus herinner ons hoe kosbaar en lewensnoodsaaklik die Woord van God is. Die Bybel is nie net ’n boek vol reëls of stories nie – dit is God se lewende stem wat ons lei, leer en versterk. Hoe lees jy die Bybel? Net…
19 Oct 29 min

Erediens - 07 September 2025

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Psalm 1 TEMA: Gelukkig is die mens… Ons dink dikwels geluk is iets om na te streef. Ons hou dit in ons visier en dink: net nog daardie ding of prestasie gaan vir ons geluk bring. Tog voel dit soms of geluk soos ’n reënboog is…
7 Sep 31 min

Erediens - 28 September 2025

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Psalm 146 TEMA: Waar is jou vertroue? Psalm 146 is een van die lof- of halel-psalms, die eerste van vyf aan die einde van die psalmboek. Dit daag ons uit om ernstig te wees oor waar – of by wie – ons vertroue lê. God wat…
28 Sep 27 min