Erediens - 10 Augustus 2025

Loading player...
Prediker: Nicolette Bester
Teks: Hebreërs 10:1-3; 8-18
Tema: Geloof wat volhard – wat beteken dit?

Geloof – ’n woord wat ons so maklik gebruik maar tog so moeilik werklik kan begryp. ’n Ander verstaan kan wees “vertroue in God”. Die twee loop hand-aan-hand.

As mense is ons geneig om te wil volhard in alles wat ons aanpak, ook in ons geloof. Ons stel ons eie ideale op en probeer ons uiterste bes om dit te realiseer. Maar die lewe bring draaie, swaaie en vreemde kinkels.

Wat beteken dit vir daardie geloof wat ons so naby aan ons hart hou? Hoe verstaan God die geloof wat ons uitgiet? Op die einde van die dag is geloof daardie vertrouensverbond wat God met ons gesluit het – ’n geskenk wat onvervangbaar en onruilbaar is. Kom ontdek saam wat hierdie geskenk vir jou en my beteken.
10 Aug 2025 Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Reis deur Efesiërs - Deel 5 (01 Maart 2026)

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 Wat as jy van môre af anders na jou eie lewe kyk? Wat as jy ontdek dat jy nie toevallig hier is nie – nie maar net nóg ’n naam op ’n lidmaatlys nie – maar deel van ’n groter, goddelike ontwerp wat reeds…
1 Mar 39 min

Reis deur Efesiërs - Deel 4 (22 Februarie 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 Wat as jy nie net wag vir eendag se aankoms in die hemel nie, maar reeds nou leef uit ’n oorwinning wat klaar behaal is? In Efesiërs 1:3–14 ontdek ons iets wat jou kop dalk effens laat kantel: jy is reeds geseën met elke…
22 Feb 30 min

Reis deur Efesiërs - Deel 3 (15 Februarie 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 TEMA: Uitroep van Lof! Die lied waarna Nadia verwys: https://www.youtube.com/watch?v=8T2zPTpEiT8 AI-prentjies van mense doen tans oral die rondte – karikature van regte mense, maar tog nie heeltemal nie. Minder plooie en grys hare, sagter, vriendeliker en meer opwindend. Dis mos wat almal wil sien?…
15 Feb 22 min

Reis deur Efesiërs - Deel 2 (08 Februarie 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:1–2 en 6:21–24 TEMA: Die kerk se roeping Nota: Net voor die preek is Isabella Pollard gedoop. Nadia verwys een of twee keer ook na die doop in die preek. Wanneer daar in die kerk oor roeping gepraat word, dink baie van ons dadelik aan…
8 Feb 24 min

Reis deur Efesiërs - Deel 1 (01 Februarie 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs Vir die volgende ruk gaan ons saam uit die boek Efesiërs preek en nadink. Hierdie Sondag se erediens is ’n inleidende diens waarin ons kyk na die struktuur van Efesiërs, asook die skrywer en eerste lesers van die brief. Ons staan ook stil by belangrike…
1 Feb 27 min