Haufiku gesels oor aborsiepil wat toenemend plaaslik voorkom

Loading player...
Berigte dat die polisie beslag gelê het op 55 Cytotec-pille, wat algemeen vir tuisaborsies gebruik word, het die debat oor wettige aborsies weer aangewakker. Mediese dokter en voormalige minister van gesondheid, Bernard Haufiku, beklemtoon dat tuisaborsies onveilig is en deur 'n omvattende, beleidsgedrewe benadering aangespreek moet word. Haufiku het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die gevaar van tuisaborsies.
18 Aug 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

HPV-inentingsprogram verleng om dekking te vergroot

Die Gesondheidministerie se skoolgebaseerde HPV-inentingsprogram vir meisies tussen nege en 14 jaar oud het net 47 persent van sy teiken gehaal. Die veldtog, wat nou tot 29 Augustus verleng is, beoog om 60 persent dekking te bereik. Die adjunk-uitvoerende direkteur van gesondheid, Taimi Amaambo sê die regering het byna 70…
20 Aug 9AM 1 min

Cambridge Dictionary kry skibidi woorde by

Die Cambridge Dictionary het die afgelope jaar 6 000 nuwe woorde op sy aanlyn uitgawe bygevoeg. Dit sluit in TikTok-neigings en uitdrukkings op sosiale media soos skibidi, delulu en tradwife. Die woorde het algemene gebruik geword op sosiale en hoofstroommedia en word ook gekoppel aan bekendes en toonaangewers soos Kim…
20 Aug 9AM 1 min

Besighede moet 5-sente aanvaar, dis geld: BoN

Die 5-sent-muntstuk is terug in die nuus nadat die Bank van Namibië herbevestig het dat dit steeds ‘n wettige betaalmiddel is, al het produksie in 2019 gestaak. Die bank het 'n waarskuwing aan besighede uitgereik en verklaar dat dit teen die wet is om te weier om die muntstuk te…
20 Aug 8AM 1 min

Drie DA parlementslede in kapingspoging in Philippi

Die nasionale polisie-kommissaris, Fannie Masemola, het ondersoekbeamptes van die Wes-Kaapse Ernstige Geweldsmisdaad-eenheid ontplooi om die verdagtes betrokke by die wrede aanval op drie parlementslede in Philippi, Kaapstad, op te spoor. Die voorsitter van die Parlement se portefeulje-kommittee oor die Polisie, Ian Cameron, en twee van sy DA-kollegas was gister die…
20 Aug 8AM 1 min

Seksuele geweld styg jaar op jaar tydens konflik

Meer as 4 600 gevalle van konflikverwante seksuele geweld is in 2024 aangemeld. Dit is volgens die Verenigde Nasies 'n toename van 25 persent sedert 2023. Seksuele geweld teen kinders het in die afgelope jaar met 35 persent toegeneem. Die meeste gevalle was in die Republiek van Sentraal-Afrika, Demokratiese Republiek…
20 Aug 6AM 1 min