
Oudpresident Pohamba is vandag 90
Loading player...
Voormalige president Hifikepunye Pohamba vier vandag sy 90ste verjaardag. Hy het Namibië van 2005 tot 2015 gelei en in 2014 die Mo Ibrahim-prys gewen vir die bevordering van eenheid en demokrasie. Pohamba bly 'n gerespekteerde figuur in Namibië se geskiedenis vir sy rol in vreedsame leierskap en nasionale ontwikkeling. Voormalige president Nangolo Mbumba het hom gelukgewens in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus.