Airlink skenk vliegtuig aan ingenieurskool

Loading player...
Die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, oorhandig vandag amptelik 'n uitgediende Embraer 135-passasiersvliegtuig aan die Rhodesfield Ingenieurswese-skool vir Lugvaartspesialisering in Kemptonpark. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die vliegtuig, wat deur Airlink geskenk is, sal vir opleiding gebruik word vir leerders wat lugvaartstudies wil volg:
19 Aug 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN maak impak by SAOG-beraad, sê presidensie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het van Madagaskar teruggekeer na haar deelname aan die 45ste SAOG Gewone Spitsberaad van Staatshoofde en Regeringshoofde. Tydens die beraad het sy haar intreerede as staatshoof gelewer en Namibië se sterk verbintenis tot streeksintegrasie, industrialisering, vrede en volhoubare, inklusiewe ontwikkeling herbevestig. Perssekretaris Jonas Mbambo gee 'n opdatering.
19 Aug 10AM 1 min

Politieke gevegte moet stop sodat dienste gelewer word

Die Stampriet-dorpsraad word gekritiseer oor beweerde partydige aanstellingspraktyke en die doelbewuste vertraging van die aanstelling van 'n permanente raadshoof, na bewering om voortgesette inmenging deur raadslede in administratiewe sake toe te laat. Hierdie bewerings is geopper deur landelike ontwikkelingminister James Sankwasa. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bestuurskenner Pius…
19 Aug 10AM 1 min

Tamatiegeskil tussen Namibië, SA opgeklaar

Gesprekke is aan die gang tussen Namibië en Suid-Afrika nadat die Suid-Afrikaanse owerhede die invoerpermit vir die Namibiese tamatieprodusent Sonop Farms teruggetrek het. Die stap kan lei tot groot werkverliese en die vernietiging van duisende tamaties. Die woordvoerder van die landbouministerie, Simon Nghipandulwa, sê opdaterings sal volg soos die onderhandelinge…
19 Aug 9AM 1 min

Macron dring aan op Oekraïne-skietstilstand

Die Franse president, Emmanuel Macron, sê ʼn skietstilstand is ʼn noodsaaklike voorwaarde vir onderhandelinge om die oorlog tussen Oekraïne en Rusland te beëindig. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vroeër gesê dis nie nodig nie omdat ʼn vredesooreenkoms uitgewerk kan word al is die oorlog aan die gang. Trump het…
19 Aug 9AM 1 min

Kry nuwe ID-kaart om reis makliker te maak

Namibië en Botswana aanvaar nou nasionale ID-kaarte vir reise by vyf grensposte, met die meeste verkeer aangeteken by Trans-Kalahari. Meer Batswana as Namibiërs het die stelsel gebruik, wat glad verloop het, behalwe vir reisigers wat ou ID's voorlê. Slegs die nuwe ID met 'n QR-kode en masjienleesbare sone is geldig…
19 Aug 8AM 1 min