
Stel net weer die eenheidsregering in - RISE
Loading player...
RISE Mzansi sê die regering van nasionale eenheid moet heringestel word eerder as om van krisis tot krisis te strompel terwyl die land self in ʼn krisis is. Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het verlede maand besluit om die koalisieregering te vergroot om meer partye in te sluit om die regering se doeltreffendheid te verbeter. RISE Mzansi se leier, Songezo Zibi, sê ʼn RNE-lekgotla is nodig om interpersoonlike kwessies uit te klaar wat moet uitloop op ʼn ware koalisieooreenkoms: