Sport, politiek en die narratief van onderdrukking

Loading player...
In hierdie week se KLETS vat ons die land se temperatuur – en nie net omdat die seisoen draai en jy skielik nie weet of jy ’n baadjie of ’n braaivurk moet vat nie.

Ons praat oor sport en emosie: Drikus du Plessis wat wys hoe ’n klap ook ’n storie kan vertel, en die Springbokke se nederlaag die afgelope naweek wat jou dalk laat wonder of dit nie tyd is om ’n nasionale dialoog in die kleedkamer te begin nie.

Van daar skuif ons na die groot politieke speelveld. Die ANC se nasionale dialoog – is dit werklik ’n gesprek, of net nog ’n manier om die klank van grondvlak-stemme te ignoreer? Ons kyk na die mobilisering van politieke energie, die strategieë agter die skerms, en hoe die identiteit van die ANC deesdae meer met onderdrukking en werkloosheid verbind word as met hoop en bevryding.

En dan, die groter vraag: hoe hou die narratief van onderdrukking Suid-Afrika vas, en hoe breek ons daaruit? Is daar ’n nuwe toekoms moontlik, of herhaal ons net die selfde ou draaiboek?

Dis sport, politiek, emosie en ’n tikkie satire – alles in een gesprek wat jou laat dink… en dalk laat lag, selfs al voel jy eintlik lus om te huil.
20 Aug Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Trump maak “vrede” en Suid-Afrika maak Kommissies

Oktober. Dis daai maand waar die jaar begin terugpraat - waar verantwoordelikhede ophoop, sperdatums grom en die stresvlakke begin voel soos beurtkragvlakke: onvoorspelbaar, maar beslis daar. In hierdie week KLETS Matthys en Colene oor daardie ongesiene spanning wat in almal se lewens broei. Van die druk van werk en die…
15 Oct 54 min

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae. Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat…
17 Sep 58 min