
Minister sê arrestasie van Hume en vyf ander is groot oorwinning
Loading player...
Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê die oopvlek van 'n groot oorgrens renosterhoringhandelnetwerk is 'n beslissende oorwinning. Ses verdagtes van 'n sindikaat wat gekoppel is aan 'n bedrieglike skema waarby 964 renosterhorings ter waarde van miljoene rand betrokke is, is aangekeer. Die horings was vir onwettige markte in Suidoos-Asië bestem. George sê die verdagtes het die departement bedrieg deur permitte onder valse voorwendsels te bekom om renosterhorings binnelands te koop en te verkoop, terwyl hulle dit na onwettige internasionale markte gekanaliseer het: