
Unam bereik veeartsenykunde mylpaal
Loading player...
Die Universiteit van Namibië het 'n belangrike mylpaal bereik met die ondertekening van 'n wedersydse erkenningsooreenkoms tussen die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad en die Namibiese Veeartsenykundige Raad. Namibies-opgeleide veeartse kan nou direk in die buurland registreer, net soos gegradueerdes van die Universiteit van Pretoria in Namibië kan. Kosmos 94.1 Nuus het met Unam se woordvoerder, Simon Namesho gesels.