
Regeringsprojekte vertraag weens institusionele korrupsie: Mudge
Loading player...
Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, skryf vertragings in regeringsprojekte aan institusionele korrupsie toe. Dit kom nadat die Sentrale Verkrygingsraad onthul het dat daar tans 16 projekte is wat beduidende vertragings ervaar, insluitend vyf skole. Ander vertraagde werke sluit in 'n gesondheidsorgsentrum, waterkanaal- en pyplynprojekte, en padrehabilitasieskemas. Die vertragings wissel van 45 dae tot meer as 1 500 dae. Mudge het sy mening met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.