Substandaard toerusting, foutiewe instellings lei tot swak opvangs

Loading player...
MTC het 'n opgradering van die landelike internet-netwerk van stapel gestuur met die naam Project Buffalo, nadat hulle meer as 2 000-kilometer oor Outapi, Oshakati, Rundu en Katima Mulilo geoudit het. Die oudit met vennoot Huawei het bevind dat swak toringplasing, lae antennas, beperkte 4G/LTE en verkeerd ingestelde toerusting die hoofredes vir swak diens in landelike gebiede is. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
22 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Drie in Namcor-saak hoor Dinsdag oor borgtog

Die verdediging en staat het vandag finale argumente gelewer in die borgtogverhoor van Austin Elindi, Cedrick Willemse en Panduleni Hamukwaya in die Namcor-korrupsiesaak. Die drie staan tereg op aanklagte wat verband hou met beweerde bedrog van 480 miljoen Namibiese dollar. Landdros Linus Samunzala sal op 26 September uitspraak lewer.
22 Aug 11AM 1 min

Gayton McKenzie verwerp haatspraak-bevinding

Die leier van die PA en minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, verwerp die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se bevindings van prima facie haatspraak teen hom oor plasings uit die verlede op sosiale media. McKenzie noem dit lasterlik en polities-gemotiveerd en beweer hy het nooit amptelike korrespondensie ontvang nie en…
22 Aug 11AM 1 min

Petrofund se beursaansoeke vir 2026 nou oop

Die Petroleum Opleidings- en Onderwysfonds het sy 2026-beursaansoekproses begin, wat oop is tot 7 Oktober vanjaar. Die beurse sal Namibiërs toerus met kritieke vaardighede voor die finale beleggingsbesluite deur petroleum-eksplorasielisensiehouers wat in onlangse jare ontdekkings gemaak het. Petrofund-woordvoerder Shoki Kandjimi het meer.
22 Aug 10AM 1 min

Sankwasa is reg met afdankings van onbevoegdes: regsman

Regsman Richard Metcalfe het die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, se besluit om die Katima Mulilo-stadsraad af te dank, in die openbaar verdedig. As deel van sy doelwit om plaaslike regerings skoon te maak, het Sankwasa ook ander wanpresterende of korrupte rade, insluitend die Stad Windhoek, gewaarsku dat hulle…
22 Aug 10AM 1 min

Binnelandse sake moet sy personeel regruk: IPC

Die binnelandse sake-ministerie se kantore in Windhoek is onder skoot omdat die publiek die gebou daagliks tussen 1-uur en 2-uur tydens amptenare se middagete moet verlaat. Aansoekers staan dan buite in lang rye, dikwels in die son en hitte. Hulle kla die praktyk veroorsaak onnodige vertragings en vererger reeds lang…
22 Aug 10AM 1 min