Episode 49 | ‘Hoe dink ons oor hulp?’ - Jan Lubbe in gesprek met ander oor Gasa-skenking

Loading player...
Hoekom het die NG Kerk se leierskap juis nou besluit om R250 000 te skenk vir humanitêre hulp in Gasa? Wie kry die geld en kan ons vertrou die geld kom wel by noodlydendes uit? Hoekom het hierdie skenking soveel reaksie ontlok?

Jan Lubbe en dr Nioma Venter gee breedvoerig toeligting op dié vrae in hierdie episode van Kerkbode Kollig. Ds Lubbe is moderator van die NG Kerk en Venter is die algemene sekretaris. Die politieke ontleder, prof Theo Venter, neem ook vanuit Potchefstroom af aan hierdie wydlopende gesprek deel. Hy gee sy insae in wat tans ontvou in die komplekse konfliksituasie tussen Gasa en Israel.

Lees ook rubrieke en verklarings op Kerkbode se webtuiste.
22 Aug Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na…
6 Aug 19 min

Episode 47 | Maartje van der Westhuizen gesels met Barnard Beukman

As ons oor die kerk dink, dan kyk ons dikwels na die kerkbesluite wat die koerantopskrifte haal, maar die hart van die kerk lê eintlik op gemeentevlak. So sê Maartje van der Westhuizen, assessor (ondervoorsitter) van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen. Barnard Beukman, oud-redakteur en joernalis, het in…
14 Jul 18 min

Episode 46 | Jan Lubbe in gesprek met Barnard Beukman

"Hy dink nie ons ag die krag van ons woorde genoeg nie." So sê Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk, met verwysing na die vlak van debat wêreldwyd, maar ook plaaslik in ons land se konteks sowel as in kerklike gesprekke. Lubbe het vroeër vanjaar in ’n rubriek aan…
10 Jul 20 min

Episode 45 | ‘Siekte het my ’n beter predikant gemaak’

Bennie Janse van Rensburg het ’n oorerflike spierkwynende siekte waarvoor daar nie genesing is nie. FSH-spierdistrofie, wat in 2007 by hom gediagnoseer is, het hom oor jare so verswak dat sy stewige paar bene hom nie meer kan vat waar hy wil wees nie. Hy kan nou nie eens meer…
18 Jun 11 min