
Werkloosheid, ongelykheid reuse-uitdagings in SA
Loading player...
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, sê werkloosheid en ongelykheid bly Suid-Afrika se grootste ekonomiese uitdagings. Tydens die Tesourie se eerste openbare mikro-fiskale beleidswerkswinkel in Pretoria het hy stadige groei, hoë skuld en stygende befondsingsdruk as voortdurende bekommernisse uitgelig. Hy sê in sy vierde jaar in die amp was daar sekere verrassings in die beplanning van die begroting. Hy sê 'n stagnante ekonomie beperk inkomste. Godongwana beklemtoon volhoubare ekonomiese groei is noodsaaklik is om armoede en ongelykheid aan te pak.