
ANC 'het vergeet hy bestaan om mense te dien'
Loading player...
Die ANC veteraan en voormalige minister, Naledi Pandor, sê die party het sy glorie verloor en het vergeet dat hy bestaan om die mense te dien. Sy was Sondag 'n spreker by die Gertrude Shope-gedenklesing in Pretoria. Shope is in Mei vanjaar oorlede op die ouderdom van 99. Pandor sê landsburgers kyk met minagting, skok en skaamte na die ANC. Sy sê egter die party kan homself steeds vernuwe en die verval keer deur die regte leiers aan te stel: