
VN se Guterres vra ondersoek ná Gaza-aanvalle
Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, vra ʼn onmiddellike en onpartydige ondersoek na dodelike Israelse aanvalle op die Nasser-hospitaal in Khan Yunis, Gaza. Minstens 20 mense, insluitend vyf joernaliste, is volgens berigte in die aanvalle dood. Die joernaliste het vir Reuters, Associated Press, Al Jazeera en die Middle East Eye gewerk. Guterres se woordvoerder, Stéphane Dujarric, sê ʼn onmiddellike en permanente skietstilstand is Gaza is nou nodiger as ooit: