Natis gaan aanlyn, publiek moet registreer

Loading player...
Natis skuif meer dienste aanlyn, van permitte tot lisensiehernuwings, wat vinniger en geriefliker toegang vir motoriste belowe. Die stelsel laat bestuurders nou toe om permitte om te skakel, voertuiglisensies te hernu en toegang tot sleuteldienste te verkry sonder om in lang toue te staan. Owerhede sê die opgraderings is ontwerp om wagtye te verkort, verkeersopeenhopings by dienspunte te verminder en padverwante dienste landwyd meer toeganklik te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Hileni Fillemon, die Padowerheid se woordvoerder gepraat, wat 'n opdatering gee.
27 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stel suikerbelasting in vir beter gesondheid: Voedselsekuriteitsalliansie

Die Voeding- en Voedselsekuriteitsalliansie van Namibië doen 'n beroep op 'n nasionale suikerbelasting as deel van sy breër strategie om die land se groeiende las van nie-oordraagbare siektes en wanvoeding aan te spreek. Die organisasie waarsku dat Namibië nou 'n "dubbele las" van wanvoeding en oorvoeding in die gesig staar,…
27 Aug 10AM 1 min

Swak regeringskommunikasie lei tot waninligting

Namibia Fact Check het gewaarsku dat swak en onduidelike kommunikasie van regeringsamptenare dikwels lei tot openbare verwarring en onakkurate beriggewing, wat uiteindelik beide media-geloofwaardigheid en vertroue in staatsgeleide inisiatiewe skaad – veral op die gebied van bewaring. Namibia Fact Check-redakteur Frederico Links se opmerkings kom te midde van groeiende wêreldwye…
27 Aug 10AM 1 min

Hoekom is die kragprysstyging 13,6%, Stad Windhoek?

Die herrie blyk om los te wees na die verhoging in kragtariewe in die hoofstad. Terwyl Stad Windhoek volhou dat elektrisiteitstariewe slegs met 3,9 persent gestyg het, beweer sommige inwoners in buurte soos Kleine Kuppe, Pionierspark en Olympia dat hul jongste rekeninge stygings van tot 13,6 persent toon, wat vrae…
27 Aug 10AM 1 min

Trump dreig weer met Russiese sanksies

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het weer gedreig om swaar ekonomiese strafmaatreëls teen Rusland in te stel as president Vladimir Putin weier om die oorlog teen Oekraïne te staak. Trump probeer persoonlike gesprekke bewerkstelling tussen Putin en president Volodymyr Zelensky van Oekraïne. Trump sê hy wil nie nuwe sanksies of…
27 Aug 10AM 1 min

Hervorm nou die verkiesingstelsel: IRR

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika se huidige verkiesingstelsel slaag nie in sy doel nie. Die Verkiesingspaneel vir Hervorming en Raadpleging doen 'n omvattende hersiening van die stelsel en moet einde volgende maand aanbevelings aan die parlement voorlê. Marius Roodt van die instituut sê die land het 'n verkiesingstelsel nodig…
27 Aug 8AM 1 min