
Mikroleners mag nie ID's, rybewyse, PIN-nommers afvat nie
Loading player...
Namfisa het die publiek gewaarsku teen ongeregistreerde mikroleners wat hulle skuldig maak aan onwettige praktyke soos die konfiskering van kliënte se ID's. Die owerheid het verskeie klagtes ontvang van leners wat ID's, rybewyse en bank PIN-nommers afvat. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond, bestuurder van korporatiewe kommunikasie en verbruikersopvoeding by Namfisa gepraat, wat meer verduidelik.