Flip ná Ysterman: ‘Ek het nog nooit so heel gevoel nie’

Loading player...
Die oud-Bok-slot Flip van der Merwe sluit hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy reis om weer fiks te word. Hy het twee weke gelede die Ysterman-70.3-kompetisie in Vichy, Frankryk, voltooi. In die proses het hy sowat 30 kg afgeskud
“Mense dink dis baie veeleisend op jou bene en jou knieë, maar ek het nog nooit so heel gevoel soos nou nie,” sê Van der Merwe.
Hy gesels ook oor die Springbokke se toets teen die All Blacks Saterdag op Eden Park – ’n veld waar hy self 12 jaar gelede teen Nieu-Seeland uitgedraf het. Hy praat ook oor die omstrede rooi kaart wat Bismarck du Plessis in dié veelbesproke toets gekry het vir ’n klipharde duikslag op Dan Carter.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
3 Sep Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Rapport se beste Bok van die Rugbykampioenskap is. . .

Vandeesweek week op Rapport Praat Sport doen Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen bestekopname van die Springbokke ná die verowering van die Rugbykampioenskap. Ons elkeen kies ons topdrie-Bokke van die reeks, ons topdrie-spelers wie se aandele gestyg het, die drie wie se aandele dalk gedaal het en ons identifiseer…
8 Oct 34 min

Naas: ‘Bokke kook met 3 van wêreld se beste losskakels’

Naas Botha is liries oor Suid-Afrika se drietal generaals van Handré Pollard, Manie Libbok en Sacha Feinberg-Mngomezulu. Botha, eertydse skopkoning van Suid-Afrikaanse rugby, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor Feinberg-Mngomezulu se spogvertoning teen die Poemas. “Ek dink nie een van ons drie losskakels het werklik…
1 Oct 38 min

Swys: Van uitgebrand tot aan die brand by Bok-vroue

Swys de Bruin sluit hom dié week aan by Rapport Praat Sport om te gesels oor die Springbok-vroue se spogvertonings by die Wêreldbeker-toernooi in Engeland. “Toe Dave Wessels my vra of ek nie die Bok-vroue wil afrig nie, het hy my middelpen geboul. Maar dit was die beste rugby-besluit wat…
24 Sep 26 min

Paul Willemse: ‘Ons bly in Frankryk, maar die kinders praat Afrikaans’

Paul Willemse (32) het vandeesweek sy uittrede uit rugby aangekondig nadat hy erg met harsingskudding gesukkel het. Hy sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy loopbaan te gesels. “Toe ek aanvanklik in die Franse groep ingetrek is, was ek teleurgesteld met die span. Daar was nie respek…
17 Sep 37 min