
Waardetoevoeging krities vir AfCFTA, sê Witbooi
Loading player...
Visepresident Lucia Witbooi sê vir Namibië beteken die Afrika Kontinentale Vryehandelooreenkoms, of AfCFTA, meer as net die uitvoer van rumateriaal. Dit gaan oor waardetoevoeging, het Witbooi by die Intra-Afrika-handelskou in Algiers, Algerië gesê. Namibië was vroeër vanjaar een van eerste lande om die AfCFTA te benuttig toe 45 000 ton sout na Nigerië uitgevoer is.