Met Almal. Oor Alles en ’n bietjie meer saam Suzaan Steyn

Loading player...
In hierdie week se KLETS kry ons kuier van ’n groot naam in die wêreld van Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn. As jy haar stem al op Radio gehoor het, of haar werk op TV gevolg het, weet jy sy bring stories tot lewe met kennis en warmte.

Suzaan het pas haar eie potgooi bekend gestel genaamd "Met Almal. Oor Alles." en van Vrydag af kan jy dit ook luister op Afrikaans.Radio. Ons KLETS met haar oor die ontstaan van die projek, die temas en mense waarmee sy gesels, en hoekom daar vandag meer as ooit ’n behoefte is vir eerlike, insiggewende gesprekke.

Suzaan deel met ons haar kleurryke loopbaan in radio en TV en die lesse wat sy oor dekades van uitsaai geleer het.

En as jy gedink het dis net mikrofone en kameras, dink weer. Suzaan vertel ook van haar beste finansiële raad, wat sy op die RSG program Rand en Sent geleer het wat steeds goud werd is vir enigeen wat probeer sin maak van geld. Sy deel ook haar top gesondheidswenk, en jy sal dit wil hoor, want in haar 60’s lyk sy nie net ongelooflik nie, sy straal.

Colene deel met ons haar wenk van die week vir 'n ekstra bederf om jou dag of week net ’n bietjie meer luuks te maak.

Dis ’n episode wat tussen herinnering en vernuwing, tussen raad en lag, tussen luuks en leefbaar. ’n Gesprek met een van die groot stemme van ons tyd, en ’n kans om te hoor hoe sy steeds inspireer, leer en ons vermaak.
10 Sep 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min

Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie

Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/ Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie. Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n…
2 Sep 56 min

Lê Stil Sannie, Vir Volk en Vaderland

Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard. Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog? Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan 'n rekening erf wat niemand wil of…
26 Aug 1 hr 02 min

Dis Veiliger om te Sit

Hallo! Na 'n lang stilte is KLETS terug. *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-255-dis-veiliger-om-te-sit/ Dit was vrouedag, SA was koud en Pretoria sonder krag, maar die hangover is darem verby. En Colene het intussen al meer as een stort gehad. Ons noem dit vooruitgang. STATS SA se nuutste syfers…
19 Aug 57 min

Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-254-pryse-potholes-en-n-pending-emoji/ Kaapse huispryse klim weer, en dis nou al op 'n vlak waar jy moet begin wonder of dit regtig 'n huis is, of net 'n baie duur uitsig. Intussen is 'n Suid-Afrikaanse Protea-emoji 'n moontlikheid, en ons is klaar trots asof dit reeds…
22 Jul 1 hr 04 min