SABC: Sentech soek sy geld, sal in Desember senders afskakel

Loading player...
Die staatsbeheerde digitale verspreider Sentech waarsku hy sal die SABC se sein teen Desember afskakel indien die uitsaaier nie sy skuld van 'n miljard Suid-Afrikaanse rand vereffen nie. Die SABC wil die seinkoste weer onderhandel te midde van vertragings met die aanvaarding van die Wetsontwerp op die SABC om 'n nuwe befondsingsmodel te skep. Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Khusela Diko, sê dringende ingryping is nodig om die SABC te red en werksgeleenthede en gemeenskapsuitsendings te beveilig:
10 Sep 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lynminister ontken ten sterkste weermag-wapens word vermis

Die verdedigingsministerie het bewerings verwerp dat wapens van sy weermag bendegeweld in Suid-Afrika se Wes-Kaap aanvuur. Dit volg op 'n verslag deur die Global Initiative Against Transnational Organised Crime, wat beweer dat sommige bendeleiers vuurwapens uit Namibiese polisie- en militêre voorrade verkry het. Die verslag het weer opgeduik na die…
10 Sep 10AM 1 min

Ondersoek probleme by Agribank, vra Venaani

PDM-leier McHenry Venaani doen 'n beroep op finansminister Erica Shafudah, om interne probleme by Agribank te ondersoek. Venaani het vanmiddag in die Nasionale Vergadering beweer dat vertragings, insluitend 'n ses maande lange leningsgoedkeuringsproses en burokratiese rompslomp, boere daartoe dryf om kopers wat Agribank-finansiering by veilings gebruik, te verwerp en eerder…
10 Sep 10AM 1 min

Groenwaterstof-drome benodig dringende aksie: Ithete

Die minister van mynbou en energie, Natangwe Ithete, het 'n beroep gedoen op dringende optrede om die land se groenwaterstof ambisies in tasbare voordele vir gewone burgers te omskep. Hy het vanoggend by die Globale Afrika-groenwaterstofberaad in Windhoek gesê die tyd vir beplanning en beloftes is verby. Die fokus moet…
10 Sep 10AM 1 min

DA prys groeiende landbousektor onder Steenhuisen

Die DA sê hy verwelkom die voortgesette groei in die landbousektor se bydrae tot die bruto binnelandse produk onder die rentmeesterskap van minister John Steenhuisen. Die sektor het in die tweede kwartaal vanjaar met 2,5-persent gegroei ná ʼn hersiene 18,6-persent styging in die eerste kwartaal. Dis hoofsaaklik toegeskryf aan toenemende…
10 Sep 10AM 1 min