
Ekonoom sê goud sal verder styg, tot verby US$4 000
Loading player...
Goud het die week vir die eerste keer verby die 3 600 Amerikaanse dollar-kerf gestyg en 'n rekordhoogtepunt bereik. Op die oomblik verhandel ‘n fynons net bo 3 645 dollar. Dit kom te midde van verwagtinge dat die Amerikaanse Federale Reserweraad volgende week rentekoerse sal verlaag na Amerikaanse werksskepping in Augustus skerp verlangsaam het. Laer koerse verminder die geleentheidskoste van die hou van nie-opbrengs-goud. Goudpryse is tot dusver vanjaar met 37 persent gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart gesels vir meer.