Namibië 'moet by ou vriende soos Kuba staan'

Loading player...
Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê Namibië se hernude oproep vir Kuba se verwydering van die Amerikaanse terreurlys kan diplomatieke spanning met Westerse moondhede, veral die Verenigde State, veroorsaak. Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila het Namibië se steun vir die verwydering van Kuba van die terreurlys herbevestig. Met Washington wat sy "totale druk"-embargo verskerp, sê Kamwanyah Namibië moet steeds by sy historiese vriende staan. Hy was in gesprek met Kosmos 94.1 Nuus.
10 Sep 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA tree op om internasionale reg in Gaza te handhaaf

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het aan die parlement gesê Suid-Afrika se optrede volg die Volksmoordkonvensie na en geskille oor staatsverantwoordelikheid moet na die Internasionale Geregshof verwys word. Lamola het bewyse van volksmoordverklarings deur Israelse amptenare uitgelig en aanvalle op burgerlikes in Gaza veroordeel. Hy beklemtoon…
10 Sep 11AM 1 min

Bokke se Hooker senuagtig, maar opgewonde vir Saterdag

Rugby: Die Springbok-agterspeler Ethan Hooker sê hy is tegelykertyd senuweeagtig en opgewonde, maar fokus net daarop om na die beste van sy vermoë te speel. Die 22-jarige speler draf Saterdag die eerste keer in die opdrafspan uit wanneer Suid-Afrika en Nieu-Seeland in Wellington kragte meet. Hy was verlede week in…
10 Sep 11AM 1 min

Lynminister ontken ten sterkste weermag-wapens word vermis

Die verdedigingsministerie het bewerings verwerp dat wapens van sy weermag bendegeweld in Suid-Afrika se Wes-Kaap aanvuur. Dit volg op 'n verslag deur die Global Initiative Against Transnational Organised Crime, wat beweer dat sommige bendeleiers vuurwapens uit Namibiese polisie- en militêre voorrade verkry het. Die verslag het weer opgeduik na die…
10 Sep 10AM 1 min