Kus tot kruin: 🐞 🦋 Die kleurvolle wêreld van insekte wat jy nooit raaksien nie - 11 September 2025

Loading player...
Fred ons saam met Johan Heyns en Leon Rossouw, ’n natuur bewaarder en gids, oor die fassinerende wêreld van insekte – of soos die meeste mense dit ken, 🐜“goggas.” Vir baie mense beteken ’n ontmoeting met ’n insek die vinnige gryp na die naaste blik gif. Goggas word as ’n plaag gesien wat jou leefruimte binnedring. Maar in daardie haastige reaksie word ’n wonderlike wêreld misgekyk: ’n wêreld van kleur, unieke vorms en ongelooflike interaksies wat ’n direkte rol in ons daaglikse lewe speel – dikwels sonder dat ons dit ooit raaksien.
Johan Heyns noem dit die “wêreld onder die knie” – ’n geheime realiteit waarvan min mense weet. Met Leon se ervaring as natuur bewaarder en gids ontdek ons hoe hierdie klein wesens ’n groot verskil maak in die ekosisteem en selfs in ons eie lewens. 🎧 Moenie hierdie gesprek misloop nie!
📻 Luister op 90.1 FM en 104.1 FM in die Tuin Roete, of stroom aanlyn by 👉 sfmstreek.com.
11 Sep 2025 Afrikaans South Africa Entertainment News · Entertainment News

Other recent episodes

Protek: 🐛 WINTER GARDEN PESTS ARE ON THE MOVE! 🌿 06 Julie 2026

Don't let unwanted garden visitors spoil your winter garden! Join us today on SFM Streek Radio as Paul Hartzenberg from Protek explains how to identify and control some of the most common winter garden pests before they cause serious damage. We'll be discussing: 🌱 Leaf miners 🐛 Loopers & semi-loopers…
9 Jul 12 min

🌍✈️ PROMOSIE: Rev jou Toere! 📅 🦁 - 26 Junie 2026

Droom jy van 'n sorgvrye vakansie waar alles vir jou gereël is? Danny het met Fanie van Zyl van Rev jou Toere gesels. 'n Suid-Kaapse toeroperateur wat spesialiseer in bekostigbare groepstoere vir 50-plussers, seniors en pensioenarisse. Ontdek hoe hul ervare span reis maklik, veilig en onvergeetlik maak. 🌍 Opkomende Toer:…
29 Jun 15 min