DA soek dringende antwoorde oor polisie

Loading player...
Die DA het onthul dat 57 polisielede wat na dissiplinêre verhore afgedank is vir misdade soos verkragting, moord, bedrog en korrupsie, tussen 2015 en 2025 weer deur die provinsiale- of afdelingskommissarisse aangestel is. Nicholas Gotsell van die DA sê meeste van die afdankingsbevele is met met kort skorsings of skriftelike waarskuwings vervang. Hy sê die DA vra vir die dringende voorlegging in die parlement van die Wysigingswetsontwerp op die SAPD:
15 Sep 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Vroue-straatverkopers sukkel om brood op tafel te hou

Windhoekers het Vrydagaand in hul spoor getrap met Copps 94.1 en die Namibiese polisie wat ‘n wakende oog oor die hoofstad gehou het. Met die naglewe onder beheer, het die Copps 94.1-span ‘n draai by die Otjimuise-informele mark gaan maak, waar die lot van vroue wat laatnag spook om ‘n…
6 Mar 11PM 1 min

FNB Namibië is Beste Buitelandse Valutabank in Namibië

FNB Namibië is erken as die land se voorste bank vir die fasilitering van naatlose oorgrenshandel en internasionale finansiële vloei vir invoerders, uitvoerders, beleggers en individue. Die bank is aangewys as die Beste Buitelandse Valutabank in Namibië in Global Finance-tydskrif se 26ste Jaarlikse Wêreld se Beste Buitelandse Valutabanke-toekennings. FNB-woordvoerder Kirsty…
6 Mar 10AM 1 min

SA regering voorsien R1,4 miljard vir BKS-optrede

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het bevestig die regering het 1,4-miljard Suid-Afrikaanse rand voorsien om bek-en-klouseer te beveg, terwyl bykomende befondsing versoek is. Die regering betaal die inentings ten volle as deel van 'n nasionale veldtog. Steenhuisen sê entstowwe wat vanaf Argentinië en Turkye verkry is, word reeds oor…
6 Mar 10AM 1 min

Dis markdag by Auas Hills Aftreeoord!

Die Auas Hills Aftreeoord hou Saterdag hul jaarlikse markdag. Die aftreeoord bied ook versoringsdienste vir verswakte bejaardes. Rita van Vuuren van die beplanningskomitee nooi die publiek uit om die markdag by te woon wat ook versorging van pasiënte sal ondersteun. Van Vuuren het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
6 Mar 9AM 1 min