Gholf: Saddier was 'n gedugte teenstaander, sê Noren

Loading player...
Die Sweed, Alex Noren, klop Adrien Saddier van Frankryk in ʼn uitspeelstryd om sy tweede BMW PGA-kampioenskap by die Wentworth-klub in Engeland te buit. Hulle was gelykop op 19 onder baansyfer, wat drie houe voor die res was. Noren, wat Span Europa se onderkaptein is, het gewen nadat hy op die eerste ekstra uitspeelputjie ʼn voëltjie aangeteken het. Dis sy 12de oorwinning op die DP World-toer. Aaron Rai van Engeland en die Amerikaner Patrick Reed is saam derde. Noren sê dit was ʼn behoorlike stryd teen Saddier:
15 Sep 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Vroue-straatverkopers sukkel om brood op tafel te hou

Windhoekers het Vrydagaand in hul spoor getrap met Copps 94.1 en die Namibiese polisie wat ‘n wakende oog oor die hoofstad gehou het. Met die naglewe onder beheer, het die Copps 94.1-span ‘n draai by die Otjimuise-informele mark gaan maak, waar die lot van vroue wat laatnag spook om ‘n…
6 Mar 11PM 1 min

FNB Namibië is Beste Buitelandse Valutabank in Namibië

FNB Namibië is erken as die land se voorste bank vir die fasilitering van naatlose oorgrenshandel en internasionale finansiële vloei vir invoerders, uitvoerders, beleggers en individue. Die bank is aangewys as die Beste Buitelandse Valutabank in Namibië in Global Finance-tydskrif se 26ste Jaarlikse Wêreld se Beste Buitelandse Valutabanke-toekennings. FNB-woordvoerder Kirsty…
6 Mar 10AM 1 min

SA regering voorsien R1,4 miljard vir BKS-optrede

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het bevestig die regering het 1,4-miljard Suid-Afrikaanse rand voorsien om bek-en-klouseer te beveg, terwyl bykomende befondsing versoek is. Die regering betaal die inentings ten volle as deel van 'n nasionale veldtog. Steenhuisen sê entstowwe wat vanaf Argentinië en Turkye verkry is, word reeds oor…
6 Mar 10AM 1 min

Dis markdag by Auas Hills Aftreeoord!

Die Auas Hills Aftreeoord hou Saterdag hul jaarlikse markdag. Die aftreeoord bied ook versoringsdienste vir verswakte bejaardes. Rita van Vuuren van die beplanningskomitee nooi die publiek uit om die markdag by te woon wat ook versorging van pasiënte sal ondersteun. Van Vuuren het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
6 Mar 9AM 1 min