Johannesburg se waterprobleme droog nie op nie

Loading player...
Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, sê die huidige waterprobleme by die metro word vinnig hanteer. Dit kom te midde van wisselvallige watervoorsiening in groot dele van die metro wat onlangs tot vier dae van betogings in die Westbury-area gelei het. Die burgemeester het gister die Alexandra-reservoir besoek wat een van dié is wat die swaarste getref word. Hy erken dat gebarste pype en onwettige verbindings die stelsel dreineer. Morero sê reservoirvlakke moet op 50 persent bly om betroubare voorsiening te verseker:
16 Sep 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

FNB Namibië is Beste Buitelandse Valutabank in Namibië

FNB Namibië is erken as die land se voorste bank vir die fasilitering van naatlose oorgrenshandel en internasionale finansiële vloei vir invoerders, uitvoerders, beleggers en individue. Die bank is aangewys as die Beste Buitelandse Valutabank in Namibië in Global Finance-tydskrif se 26ste Jaarlikse Wêreld se Beste Buitelandse Valutabanke-toekennings. FNB-woordvoerder Kirsty…
6 Mar 10AM 1 min

SA regering voorsien R1,4 miljard vir BKS-optrede

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het bevestig die regering het 1,4-miljard Suid-Afrikaanse rand voorsien om bek-en-klouseer te beveg, terwyl bykomende befondsing versoek is. Die regering betaal die inentings ten volle as deel van 'n nasionale veldtog. Steenhuisen sê entstowwe wat vanaf Argentinië en Turkye verkry is, word reeds oor…
6 Mar 10AM 1 min

Dis markdag by Auas Hills Aftreeoord!

Die Auas Hills Aftreeoord hou Saterdag hul jaarlikse markdag. Die aftreeoord bied ook versoringsdienste vir verswakte bejaardes. Rita van Vuuren van die beplanningskomitee nooi die publiek uit om die markdag by te woon wat ook versorging van pasiënte sal ondersteun. Van Vuuren het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
6 Mar 9AM 1 min

IPC het vrae oor Vitol se omkopery, moontlike brandstof-oorheersing

Die parlement ondersoek wat hy beskryf as die groeiende oorheersing van die Nederlandse oliereus Vitol Group in Namibië se stroomaf brandstofmark. IPC-parlementslid Rodney Cloete het kommer uitgespreek dat die maatskappy, deur middel van filiale en gesamentlike ondernemings tussen 75 en 95 persent van die land se brandstofvoorraad kan beheer. Cloete…
6 Mar 8AM 1 min