SADP arresteer meer as 15 000 verdagtes

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê hy behaal steeds aansienlike sukses met sy landwye Shanela-operasies. Die afgelope week is 15 763 verdagtes weens verskeie oortredings gearresteer. Dit sluit 2 133 gesoekte persone in wat in verskillende dele van die land vasgetrek is. ʼn Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê 265 verdagtes is aangekeer weens verkragting en 92 was op die polisie se lys gesoekte misdadigers. Sy sê 41 van die verdagtes is in Gauteng gearresteer:
16 Sep 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

FNB Namibië is Beste Buitelandse Valutabank in Namibië

FNB Namibië is erken as die land se voorste bank vir die fasilitering van naatlose oorgrenshandel en internasionale finansiële vloei vir invoerders, uitvoerders, beleggers en individue. Die bank is aangewys as die Beste Buitelandse Valutabank in Namibië in Global Finance-tydskrif se 26ste Jaarlikse Wêreld se Beste Buitelandse Valutabanke-toekennings. FNB-woordvoerder Kirsty…
6 Mar 10AM 1 min

SA regering voorsien R1,4 miljard vir BKS-optrede

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het bevestig die regering het 1,4-miljard Suid-Afrikaanse rand voorsien om bek-en-klouseer te beveg, terwyl bykomende befondsing versoek is. Die regering betaal die inentings ten volle as deel van 'n nasionale veldtog. Steenhuisen sê entstowwe wat vanaf Argentinië en Turkye verkry is, word reeds oor…
6 Mar 10AM 1 min

Dis markdag by Auas Hills Aftreeoord!

Die Auas Hills Aftreeoord hou Saterdag hul jaarlikse markdag. Die aftreeoord bied ook versoringsdienste vir verswakte bejaardes. Rita van Vuuren van die beplanningskomitee nooi die publiek uit om die markdag by te woon wat ook versorging van pasiënte sal ondersteun. Van Vuuren het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
6 Mar 9AM 1 min

IPC het vrae oor Vitol se omkopery, moontlike brandstof-oorheersing

Die parlement ondersoek wat hy beskryf as die groeiende oorheersing van die Nederlandse oliereus Vitol Group in Namibië se stroomaf brandstofmark. IPC-parlementslid Rodney Cloete het kommer uitgespreek dat die maatskappy, deur middel van filiale en gesamentlike ondernemings tussen 75 en 95 persent van die land se brandstofvoorraad kan beheer. Cloete…
6 Mar 8AM 1 min