Charlie Kirk, patriotisme en Gen Z: Wat beteken vryheid in 2025?

Loading player...
In hierdie week se KLETS "be-klets" Matthys en Colene die wêreld soos dit nou lyk: gepolariseerd, kwaad en vol vrae.

Charlie Kirk is dood – en saam met hom ’n hele klomp idees wat mense óf laat kook het, óf laat kopknik het. Sy sluipmoord gooi petrol op die debat oor patriotisme, politieke stemme en of vryheid van spraak ooit werklik bestaan het, of net ’n mooi storie was vir die handboek.

Intussen raak die strate in die VK ook warm met 'n optog. Onwettige immigrasie druk gemeenskappe op hul breekpunte, en die vlam van patriotisme steek oral hoër. Dis nie meer net lawaai nie – dis generasies wat mekaar in die oë kyk en sê: “Hier trek ek my streep.”

En kyk jy suid, dan sien jy dit ook hier. Suid-Afrikaanse jongmense wat nie meer stilbly nie. Gen Z’s wat begin stem, baklei en hul eie spasie in die politiek opeis. Is hulle die hoop wat ons soek, of net nog ’n golf wat met lawaai gaan breek sonder om iets te bou?

En natuurlik die ANC – ’n party wat al hoe meer soos ’n stokou sitcom voel: jy weet die volgende episode gaan dieselfde wees, maar tog kyk jy weer, want dalk… dalk is daar ’n plot twist.

Colene deel haar luukse wenk van die week oor oggendroetines en hoekom jou derms dalk die eintlike baas van jou brein is.

Dis politiek, patriotisme en ’n bietjie probiotika. Net nog ’n dag in die KLETS-kantoor.
17 Sep Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Erfenisdag KLETS: Jacques du Plessis oor identiteit en Afrikaans

As jy dit lees en jy’s nog nie weggeraap nie, sorry né, maar ten minste is dit Braaidag in die Suide van Afrika. En wat beter manier om jou erfenis te vier op Erfenisdag as met ’n gesprek oor taal, identiteit en die vreemde reis van Afrikaans self? In hierdie…
24 Sep 1 hr 39 min

Met Almal. Oor Alles en ’n bietjie meer saam Suzaan Steyn

In hierdie week se KLETS kry ons kuier van ’n groot naam in die wêreld van Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn. As jy haar stem al op Radio gehoor het, of haar werk op TV gevolg het, weet jy sy bring stories tot lewe met kennis en…
10 Sep 1 hr 10 min

Totsiens Neil, hallo Hannon en ’n Mouton Curro deal

Ons sê totsiens aan Neil de Beer. 'n Vriend van die show en vegter vir Suid-Afrika. Neil was nooit bang vir ’n moeilike vraag of ’n ongemaklike waarheid nie. Hy’t gelag, ge"moer", gedebatteer en altyd hoop gebring. Hierdie episode is ons huldeblyk aan hom, die man wat ge-KLETS het soos…
3 Sep 59 min