Die GOOD-party het die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, gevra dat regulasies ingestel word vir verkose staatsamptenare wat vuurwapens dra, veral wanneer hulle besig is met oorsigbesoeke of werk vir partye. Dit is wettig om in die openbaar geregistreerde vuurwapens te dra. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê…
Die oorlog in die Midde-Ooste het beduidend uitgebrei, met die Israeliese weermag wat Donderdagaand 'n ontruimingsbevel uitgereik het vir al die suidelike voorstede van Beiroet in Libanon. Dit dui op 'n groot komende aanval. Berigte dat Amerikaanse president Donald Trump 'n inval in Iran deur Koerdiese magte in Irak sal…
NamRA het ‘n raamwerk vir gekoördineerde grensbestuur met belangrike staatsinstellings, insluitend die polisie, haweowerheid, verskeie ministeries en die Lewendehawe en Lewendehawe Produktetaad onderteken. Die raamwerk versterk samewerking tussen grensagentskappe deur meganismes soos gesamentlike inspeksies, gekoördineerde beheermaatreëls en gestruktureerde inligtingdeling. NamRA-kommissaris Sam Shivute sê dit is belangrik vir belanghebbendes om saam…
Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê hulle was eenvoudig nie goed genoeg in hul T20-Wêreldbeker-halfeindstryd teen Nieu-Seeland in Kolkata nie. Die onoorwonne Proteas was die gunsteling in die uitklop-kragmeting, maar Nieu-Seeland het hulle behoorlik ore aangesit met ’n oorwinning met nege paaltjies en ’n plek in die eindstryd…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.