Voertuigverkope tel spoed op

Loading player...
Namibië se voertuigmark toon sterk tekens van herstel. Verkope in Augustus het 26,7 persent jaar-op-jaar gestyg, met altesaam 1 261 voertuie wat van die hand gesit is. Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen sê egter daar is risiko's wat voortgesette momentum kan beïnvloed. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
18 Sep 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

GOOD bevraagteken verkose amptenare wat vuurwapens dra

Die GOOD-party het die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, gevra dat regulasies ingestel word vir verkose staatsamptenare wat vuurwapens dra, veral wanneer hulle besig is met oorsigbesoeke of werk vir partye. Dit is wettig om in die openbaar geregistreerde vuurwapens te dra. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê…
5 Mar 10PM 1 min

Ironie is dat VSA Oekraïne vir hulp in Midde-Ooste vra - Zelensky

Die oorlog in die Midde-Ooste het beduidend uitgebrei, met die Israeliese weermag wat Donderdagaand 'n ontruimingsbevel uitgereik het vir al die suidelike voorstede van Beiroet in Libanon. Dit dui op 'n groot komende aanval. Berigte dat Amerikaanse president Donald Trump 'n inval in Iran deur Koerdiese magte in Irak sal…
5 Mar 10PM 1 min

NamRA, belanghebbers vat grensbestuur vas

NamRA het ‘n raamwerk vir gekoördineerde grensbestuur met belangrike staatsinstellings, insluitend die polisie, haweowerheid, verskeie ministeries en die Lewendehawe en Lewendehawe Produktetaad onderteken. Die raamwerk versterk samewerking tussen grensagentskappe deur meganismes soos gesamentlike inspeksies, gekoördineerde beheermaatreëls en gestruktureerde inligtingdeling. NamRA-kommissaris Sam Shivute sê dit is belangrik vir belanghebbendes om saam…
5 Mar 10AM 1 min

Proteas het nie ge-'choke', net opstopper gekry: Shukri

Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê hulle was eenvoudig nie goed genoeg in hul T20-Wêreldbeker-halfeindstryd teen Nieu-Seeland in Kolkata nie. Die onoorwonne Proteas was die gunsteling in die uitklop-kragmeting, maar Nieu-Seeland het hulle behoorlik ore aangesit met ’n oorwinning met nege paaltjies en ’n plek in die eindstryd…
5 Mar 10AM 1 min