Batohi waarsku oor uitspraak rakende Madlanga-getuienis

Loading player...
Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, het Suid-Afrikaners versoek om uitspraak voor te behou oor getuienis voor die Madlanga-kommissie. In die eerste drie dae van die ondersoek het die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, getuig dat sakemanne die regstelsel geïnfiltreer het met die steun van top-polisiebeamptes. Batohi sê dit bly bewerings en sy het 'n beroep op geduld gedoen terwyl die Kommissie vandag sy werk voortsit:
21 Sep 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamRA, belanghebbers vat grensbestuur vas

NamRA het ‘n raamwerk vir gekoördineerde grensbestuur met belangrike staatsinstellings, insluitend die polisie, haweowerheid, verskeie ministeries en die Lewendehawe en Lewendehawe Produktetaad onderteken. Die raamwerk versterk samewerking tussen grensagentskappe deur meganismes soos gesamentlike inspeksies, gekoördineerde beheermaatreëls en gestruktureerde inligtingdeling. NamRA-kommissaris Sam Shivute sê dit is belangrik vir belanghebbendes om saam…
5 Mar 10AM 1 min

Proteas het nie ge-'choke', net opstopper gekry: Shukri

Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê hulle was eenvoudig nie goed genoeg in hul T20-Wêreldbeker-halfeindstryd teen Nieu-Seeland in Kolkata nie. Die onoorwonne Proteas was die gunsteling in die uitklop-kragmeting, maar Nieu-Seeland het hulle behoorlik ore aangesit met ’n oorwinning met nege paaltjies en ’n plek in die eindstryd…
5 Mar 10AM 1 min

Namibië uiters gewild by reuse ITB Berlin toerismeskou

Die ITB Berlin, een van die wêreld se grootste toerismeskoue, sluit vandag af. Die Namibiese Toerismeraad het die nasionale paviljoen gelei, ondersteun deur 20 mede-uitstallers. Kosmos 94.1 Nuus het met Matthias Lemcke, die direkteur van Europa by die raad gepraat.
5 Mar 9AM 1 min

Faksies in Swapo kom na vore, sê kundige

Die regering het hom tot dusver nie by enige kant in die oorlog in die Midde-Ooste geskaar nie, maar net die geweld veroordeel en 'n neutrale standpunt ingeneem. Swapo sekretaris-generaal Sophia Shaningwa het egter met die ambasadeur van Iran, Mohammad Baqer Beigi, by Swapo se nasionale hoofkwartier vergader. Sy het…
5 Mar 9AM 1 min