Swartlys van 40 kontrakteurs deur Macpherson verwelkom

Loading player...
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het die Raad vir die Ontwikkeling van die Konstruksiebedryf se swartlys van 40 kontrakteurs sedert Junie 2024 verwelkom, vergeleke met slegs een sedert 2002. Macpherson sê die stap steun sy onderneming om teen korrupsie en swak prestasie op te tree en te verseker dat belastinggeld gehalte-infrastruktuur lewer. Die minister sê die departement verfyn prosesse om maatskappye vinniger op die swartlys te plaas, fondse te verhaal en aanspreeklikheid af te dwing vir werkskeppende ekonomiese groei:
22 Sep 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamRA, belanghebbers vat grensbestuur vas

NamRA het ‘n raamwerk vir gekoördineerde grensbestuur met belangrike staatsinstellings, insluitend die polisie, haweowerheid, verskeie ministeries en die Lewendehawe en Lewendehawe Produktetaad onderteken. Die raamwerk versterk samewerking tussen grensagentskappe deur meganismes soos gesamentlike inspeksies, gekoördineerde beheermaatreëls en gestruktureerde inligtingdeling. NamRA-kommissaris Sam Shivute sê dit is belangrik vir belanghebbendes om saam…
5 Mar 10AM 1 min

Proteas het nie ge-'choke', net opstopper gekry: Shukri

Krieket: Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, sê hulle was eenvoudig nie goed genoeg in hul T20-Wêreldbeker-halfeindstryd teen Nieu-Seeland in Kolkata nie. Die onoorwonne Proteas was die gunsteling in die uitklop-kragmeting, maar Nieu-Seeland het hulle behoorlik ore aangesit met ’n oorwinning met nege paaltjies en ’n plek in die eindstryd…
5 Mar 10AM 1 min

Namibië uiters gewild by reuse ITB Berlin toerismeskou

Die ITB Berlin, een van die wêreld se grootste toerismeskoue, sluit vandag af. Die Namibiese Toerismeraad het die nasionale paviljoen gelei, ondersteun deur 20 mede-uitstallers. Kosmos 94.1 Nuus het met Matthias Lemcke, die direkteur van Europa by die raad gepraat.
5 Mar 9AM 1 min

Faksies in Swapo kom na vore, sê kundige

Die regering het hom tot dusver nie by enige kant in die oorlog in die Midde-Ooste geskaar nie, maar net die geweld veroordeel en 'n neutrale standpunt ingeneem. Swapo sekretaris-generaal Sophia Shaningwa het egter met die ambasadeur van Iran, Mohammad Baqer Beigi, by Swapo se nasionale hoofkwartier vergader. Sy het…
5 Mar 9AM 1 min