Karas kry reën vanaf môre

Loading player...
Somer is op pad en reënpatrone begin ontwikkel. Die intertropiese vogband begin reeds inbeweeg met ‘n paar druppels, op tyd vir die tyd van die jaar, sê weerkenner George van der Merwe. Hy voeg by donderweerselle ontwikkel oor Angola en so ook die Suid-Angolese laagdruk wat ‘n goeie teken is want goeie vog kom dan oor Namibië in. Maar, die fokus lê nou op vanmiddag en môre, oor die Suide.
25 Sep 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eerste waterstofaangedrewe vraglokomotief op pad

CMB.TECH Namibia het aangekondig dat die eerste waterstofaangedrewe vraglokomotief vanjaar in Namibië sal aankom, met die finale montering wat in Suid-Afrika gedoen word. Om in vennootskap met TransNamib en Africa Global Logistics te werk, beoog die lokomotief om aanvanklik 50 retoerritte tussen die Walvisbaai-hawe en die houerdepot naby Windhoek gedurende…
5 Mar 7AM 1 min

SA dalk in F1-visier weens Midde Ooste-oorlog

Motorsport: Sportminister Gayton McKenzie sê finansiële waarborge is verseker en Suid-Afrika gaan voort met pogings om op die Formule Een-program ingesluit te word. Sy departement het regeringswaarborge van 2,1-miljoen Suid-Afrikaanse rand bekom en borgskappe, meestal uit die privaat sektor, staan op 1,7-miljard-rand. McKenzie sê Suid-Afrika kan weens die konflik in…
5 Mar 7AM 1 min

Saftu wil weet van buitengewone verhoging vir Sekretaris van Parlement

Die vakbondfederasie Saftu het kommer uitgespreek oor die buitengewone verhoging in die sekretaris van die Parlement se vergoeding. Na wat berig word is Xolile George se salaris oor 'n tydperk van net meer as 17 maande van 2,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand tot meer as 4 miljoen verhoog, wat 'n styging…
5 Mar 5AM 1 min

Bronne sê Motjabi is Iran se nuwe opperleier

Bozorgmehr Sharafedin, ‘n verslaggewer in Iran en voormalige Reuters korrespondent, sê Motjabi Khamenei is aangestel as die land se nuwe opperleier. Hy is die tweede oudste seun van die ontslape voormalige opperleier Ajatolla Ali Khamenei.
5 Mar 5AM 1 min

Regering doen wat hy kan om Namibiërs uit Midde-Ooste te ontruim

Volgens die internasionale betrekkinge ministerie is daar 'n paar Namibiërs in die Midde-Ooste. Lynminister Selma Ashipala-Musavyi het vandag in Windhoek gesê die regering is in kontak met Namibiërs in Bahrein, Oman en Israel, met getalle wat wissel namate meer mense kontak maak. Sy verduidelik dat die regering in samewerking met…
5 Mar 5AM 1 min