Buffelsterftes in stormloop was natuurlik, sê omgewingminister

Loading player...
Die omgewingminister, Indileni Daniel, het in die Nasionale Vergadering bevestig dat 90 buffels Dinsdag in 'n stormloop langs die Chobe-rivier dood is. Die voorval, wat deur 'n leeujaagtog veroorsaak is, is die derde van sy soort in die afgelope vyf jaar by dieselfde steil rivieroewer. Die voorval het ook internasionaal aandag getrek.Met 'n geraamde 11 900 buffels in Namibië se noordooste, noem die minister dit 'n natuurlike gebeurtenis.
25 Sep 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eerste waterstofaangedrewe vraglokomotief op pad

CMB.TECH Namibia het aangekondig dat die eerste waterstofaangedrewe vraglokomotief vanjaar in Namibië sal aankom, met die finale montering wat in Suid-Afrika gedoen word. Om in vennootskap met TransNamib en Africa Global Logistics te werk, beoog die lokomotief om aanvanklik 50 retoerritte tussen die Walvisbaai-hawe en die houerdepot naby Windhoek gedurende…
5 Mar 7AM 1 min

SA dalk in F1-visier weens Midde Ooste-oorlog

Motorsport: Sportminister Gayton McKenzie sê finansiële waarborge is verseker en Suid-Afrika gaan voort met pogings om op die Formule Een-program ingesluit te word. Sy departement het regeringswaarborge van 2,1-miljoen Suid-Afrikaanse rand bekom en borgskappe, meestal uit die privaat sektor, staan op 1,7-miljard-rand. McKenzie sê Suid-Afrika kan weens die konflik in…
5 Mar 7AM 1 min

Saftu wil weet van buitengewone verhoging vir Sekretaris van Parlement

Die vakbondfederasie Saftu het kommer uitgespreek oor die buitengewone verhoging in die sekretaris van die Parlement se vergoeding. Na wat berig word is Xolile George se salaris oor 'n tydperk van net meer as 17 maande van 2,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand tot meer as 4 miljoen verhoog, wat 'n styging…
5 Mar 5AM 1 min

Bronne sê Motjabi is Iran se nuwe opperleier

Bozorgmehr Sharafedin, ‘n verslaggewer in Iran en voormalige Reuters korrespondent, sê Motjabi Khamenei is aangestel as die land se nuwe opperleier. Hy is die tweede oudste seun van die ontslape voormalige opperleier Ajatolla Ali Khamenei.
5 Mar 5AM 1 min

Regering doen wat hy kan om Namibiërs uit Midde-Ooste te ontruim

Volgens die internasionale betrekkinge ministerie is daar 'n paar Namibiërs in die Midde-Ooste. Lynminister Selma Ashipala-Musavyi het vandag in Windhoek gesê die regering is in kontak met Namibiërs in Bahrein, Oman en Israel, met getalle wat wissel namate meer mense kontak maak. Sy verduidelik dat die regering in samewerking met…
5 Mar 5AM 1 min