
Krieket Namibië gereed vir Proteas in nuwe tuiste
Loading player...
Opwinding bou op voor die geskiedkundige T20 Internasionale botsing op 11 Oktober tussen Namibië se FNB Eagles en Suid-Afrika se Proteas. Die wedstryd sal die splinternuwe FNB Namibië Krieketveld amptelik open. Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat beide die span en die lokaal ten volle voorbereid is om die Proteas by die nuwe tuiste van Namibiese krieket te verwelkom.