Abbas sê Hamas sal nie toekomstige rol in Palestina speel nie

Loading player...
Die president van die Palestynse owerheid, Mahmoud Abbas, het Israel se gebruik van honger as 'n wapen verdoem, en wat hy noem die ekstremistiese Israeliese regering se voortgesette nedersettingsprojekte wat 'n toekomstige Palestynse staat feitlik onmoontlik maak, uitgewys. Die 89-jarige het wêreldleiers Donderdag via 'n videoskakel toegespreek by die VN nadat Amerika hom 'n visum geweier het om na New York te reis. Abbas het deur 'n tolk gesê dat Palestyne nooit hul tuisland sal verlaat nie.
26 Sep 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Saftu wil weet van buitengewone verhoging vir Sekretaris van Parlement

Die vakbondfederasie Saftu het kommer uitgespreek oor die buitengewone verhoging in die sekretaris van die Parlement se vergoeding. Na wat berig word is Xolile George se salaris oor 'n tydperk van net meer as 17 maande van 2,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand tot meer as 4 miljoen verhoog, wat 'n styging…
5 Mar 5AM 1 min

Bronne sê Motjabi is Iran se nuwe opperleier

Bozorgmehr Sharafedin, ‘n verslaggewer in Iran en voormalige Reuters korrespondent, sê Motjabi Khamenei is aangestel as die land se nuwe opperleier. Hy is die tweede oudste seun van die ontslape voormalige opperleier Ajatolla Ali Khamenei.
5 Mar 5AM 1 min

Regering doen wat hy kan om Namibiërs uit Midde-Ooste te ontruim

Volgens die internasionale betrekkinge ministerie is daar 'n paar Namibiërs in die Midde-Ooste. Lynminister Selma Ashipala-Musavyi het vandag in Windhoek gesê die regering is in kontak met Namibiërs in Bahrein, Oman en Israel, met getalle wat wissel namate meer mense kontak maak. Sy verduidelik dat die regering in samewerking met…
5 Mar 5AM 1 min

Twee Britte sterf in vliegtuigongeluk naby Gobabeb

‘n Ligte vliegtuig het ongeveer 100km vanaf Walvisbaai in die rigting van Gobabeb neergestort. Dit is 'n tipe ultraligte of ligte-sportvliegtuig wat vervaardig word deur die Italiaanse maatskappy Groppo Aviazione. Hafeni Mweshixwa van die direktoraat van vliegtuigongeluk- en voorvalondersoeke het 'n opdatering oor die sterfgevalle.
5 Mar 5AM 1 min

Kommentaar in parlement was onaanvaarbaar

Reaksie word ontvang op die rassistiese aanmerkings wat Woensdag deur Nudo LP Vetaruhe Kandorozu teen die adjunk-sportminister Dino Ballotti. Kandorozu het vir hom gesê om terug te gaan na Italië en dat Namibiërs nie so lyk nie. 'n Bohaai het losgebars en ‘n hoogs ontstoke onderwysminister Sanet Steenkamp het Kandorozu…
5 Mar 5AM 1 min