Toerisme kry hupstoot in Britse reistydskrif

Loading player...
In 'n groot hupstoot vir Namibië se toerismesektor, verskyn die land prominent in die jongste uitgawe van Outlook Travel Magazine, 'n toonaangewende wêreldwye reispublikasie in Brittanje. Met die tema "Toerisme en Volhoubare Transformasie" as tema vir Wêreldtoerismedag, staan Namibië uit as die enigste Afrika-nasie wat in die uitgawe van meer as 200 bladsye ingesluit is. Dertig bladsye word gewy aan die land se diverse besienswaardighede en toerisme-ervarings. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging van Namibië:
26 Sep 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Saftu wil weet van buitengewone verhoging vir Sekretaris van Parlement

Die vakbondfederasie Saftu het kommer uitgespreek oor die buitengewone verhoging in die sekretaris van die Parlement se vergoeding. Na wat berig word is Xolile George se salaris oor 'n tydperk van net meer as 17 maande van 2,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand tot meer as 4 miljoen verhoog, wat 'n styging…
5 Mar 5AM 1 min

Bronne sê Motjabi is Iran se nuwe opperleier

Bozorgmehr Sharafedin, ‘n verslaggewer in Iran en voormalige Reuters korrespondent, sê Motjabi Khamenei is aangestel as die land se nuwe opperleier. Hy is die tweede oudste seun van die ontslape voormalige opperleier Ajatolla Ali Khamenei.
5 Mar 5AM 1 min

Regering doen wat hy kan om Namibiërs uit Midde-Ooste te ontruim

Volgens die internasionale betrekkinge ministerie is daar 'n paar Namibiërs in die Midde-Ooste. Lynminister Selma Ashipala-Musavyi het vandag in Windhoek gesê die regering is in kontak met Namibiërs in Bahrein, Oman en Israel, met getalle wat wissel namate meer mense kontak maak. Sy verduidelik dat die regering in samewerking met…
5 Mar 5AM 1 min

Twee Britte sterf in vliegtuigongeluk naby Gobabeb

‘n Ligte vliegtuig het ongeveer 100km vanaf Walvisbaai in die rigting van Gobabeb neergestort. Dit is 'n tipe ultraligte of ligte-sportvliegtuig wat vervaardig word deur die Italiaanse maatskappy Groppo Aviazione. Hafeni Mweshixwa van die direktoraat van vliegtuigongeluk- en voorvalondersoeke het 'n opdatering oor die sterfgevalle.
5 Mar 5AM 1 min

Kommentaar in parlement was onaanvaarbaar

Reaksie word ontvang op die rassistiese aanmerkings wat Woensdag deur Nudo LP Vetaruhe Kandorozu teen die adjunk-sportminister Dino Ballotti. Kandorozu het vir hom gesê om terug te gaan na Italië en dat Namibiërs nie so lyk nie. 'n Bohaai het losgebars en ‘n hoogs ontstoke onderwysminister Sanet Steenkamp het Kandorozu…
5 Mar 5AM 1 min