Amushelelo gaan in verkiesing staan, mik na Windhoek-stadsraad

Loading player...
Die aktivis Michael Amushelelo het aangekondig dat hy in die komende verkiesings vir 'n setel in die Windhoek-stadsraad sal meeding. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Amushelelo kommer uitgespreek oor swak dienslewering, toenemende misdaad en wat hy die sistematiese teikenstelling van informele handelaars noem. Hy sê Windhoek het 'n plattelandse dorpie geword as gevolg van wanbestuur, en wys op slaggate wat maande lank gelaat is, rioollekkasies wat nie opgepas is nie, en munisipale busse wat onder bome herstel word weens korrupte tenderpraktyke. Terwyl hy sy kandidatuur bevestig het, wou Amushelelo nie onthul onder watter vaandel hy sal staan nie. Hy sê dit is uit vrese vir politieke sabotasie.
26 Sep 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ou staatshuis moet Nujoma museum word - AR

Die AR-parlementslid, George Kambala het in die Nasionale Vergadering 'n versoek gerig om die ou staatshuis in 'n museum te verander wat die land se stigterspresident, Sam Nujoma, herdenk. Kosmos 94.1 Nuus het met Kambala gepraat, veral rakende die land se prioriteite. Volgens hom moet Namibiërs hulle tradisies vier en…
5 Mar 4AM 1 min

Suid-Afrikaners moet maar gebruik maar van kommersiële vlugte uit Midde-Ooste

Die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê daar is 'n opmerklike toename in registrasie op sy Travel Smart-stelsel met meer as 6 400 Suid-Afrikaners in die Midde-Ooste wat sedert gister hul teenwoordigheid registreer het. Amerikaanse en Israelse lugaanvalle op Iran en weerwraakaanvalle van Teheran bedreig die bestendigheid in die…
5 Mar 4AM 1 min

ANC sê DA lieg oor Tshwane waterkrisis

Die ANC beskuldig die DA daarvan dat hulle 'n desperate verkiesingsveldtog voer deur valse berigte oor 'n finansiële en waterkrisis in Tshwane te versprei. Die party sê die DA oordryf diensleweringsuitdagings en ignoreer sy eie rol in verwaarlosing van infrastruktuur en finansiële wanbestuur gedurende sy ampstermyn. Joel Masilela ka Mahlangu…
5 Mar 2AM 1 min

Hegseth sê oorlog kan 8 weke duur

Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê die oorlog met Iran kan tot agt weke duur, wat langer is as wat president Donald Trump se administrasie aanvanklik gesê het. Ses Amerikaanse weermaglede is dood sedert die konflik verlede Saterdag begin het. Volgens menseregtemonitors is meer as ’n duisend burgerlikes,…
5 Mar 2AM 1 min

BoN en SARB hernu samewerking

Die goewerneurs van die sentrale banke van Namibië en Suid-Afrika het ‘n hersiene memorandum van verstandhouding onderteken. Dit het plaasgevind tydens Ebson Uanguta se hoflikheidsbesoek aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank en sy goewerneur Lesetja Kganyago, in Pretoria. Die ooreenkoms is 'n opdatering van die twee banke se 2015 ooreenkoms. Die bank…
5 Mar 2AM 1 min