President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens ‘n hoëvlak-vergadering by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gesê atoom-energie moet vir vreedsame doeleindes aangewend word. Namibië is een van die drie grootste uraanprodusente ter wêreld en probeer lidmaatskap by die Kernverskaffersgroep te verkry.
Die president van die Europese Raad, Antonio Costa, veroordeel Russiese aggressie en waarsku dat die oortredings deur ‘n permanente lid van die VN se Veiligheidsraad plaas elke VN-lidland in gevaar. Costa het in New York by die 80ste algemende vergadering van die VN gepraat.
AfriForum het die aanval op die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria veroordeel, waar dele van twee Boere-krygerstandbeelde en die veiligheidsheining beskadig is. Die voorval volg 'n week nadat die EFF die verwydering van Afrikanermonumente in die parlement versoek het. Ernst van Zyl van AfriForum sê die organisasie sal strenger…
Die arbeidsministerie het onthul dat slegs 55 persent van werkgewers voldoen aan die nasionale minimumloon wat in Januarie vanjaar in werking getree het. Die ministerie het tot dusver vanjaar 1 377 werkplekinspeksies uitgevoer. Terwyl 1,3 miljoen Namibiese dollar in onbetaalde lone vir meer as 2 100 werkers verhaal is, skiet…
Die president van die Patriotic Alliance en die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, dreig die ANC dat sy party 'n koalisie met die DA sal vorm in volgende jaar se plaaslike regeringverkiesing. Dit volg na sy eis dat die adjunkpresident van die PA, Kenny Kunene teen Dinsdag…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.